Gauteng-gesondheid staar nalatigheidseise van $1,6 miljard in die gesig

Nes soos die Namibiese ministerie van gesondheid talle hofsake vir nalatigheid in die howe beveg, sê die DA in Gauteng die provinsiale Departement van Gesondheid het die afgelope jaar 157 nuwe dagvaardings ontvang met eise van 1,6 miljard Suid-Afrikaanse rand vir mediese nalatigheid. Dit is onthul in ‘n voorlegging deur die departement voor ‘n vergadering van die Gautengse wetgewer se gesondheidskomitee. Jack Bloom van die party sê volgens die departement neem mediese regsgedinge steeds toe. Buitengewone stappe moet gedoen word om ‘n moontlike ineenstorting van die gesondheidsorgstelsel te keer: