Vervolgingsgesag het nie genoeg geld nie, veral met staatskaping

Die DA-lid Glynnis Breytenbach sê die geld wat toegeken is aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag en die Spesiale Ondersoekeenheid in die Departement van Justisie se begroting, is nie genoeg nie. Daar is 4,9 miljard Suid-Afrikaanse rand in die 2022-2023 boekjaar aan die vervolgingsgesag toegeken en 452 miljoen rand aan die Ondersoekeenheid. Breytenbach sê die instansies, en veral die gesag, het te min geld en te min mense: