Binnelandse sake sê hy het nie data met sy verskuiwing verloor nie

Daar is klagtes van die publiek in die hoofstad dat die ministerie van binnelandse sake inligting verloor met die skuif na sy nuwe hoofkwartiere. Mense meen hul aansoeke is nie op die stelsel as hul navraag doen nie en dat daar geen inligting daaroor is nie. Die woordvoerder van die ministerie Sakeus Kadhikwa sê dit is nie korrek nie en geen inligting het verlore gegaan nie. Hy het ook lede van die publiek daaraan herinner dat hul kantore in die middestad sowel as noordelike nywerheidsgebied gesluit is.