Twee vas oor ontvoering van 13-jarige seun in KZN

Die Valke en ander polisie-eenhede het ‘n 13-jarige seun gered wat in Inanda, noord van Durban, ontvoer is. Die seun is vroeër die week op pad skool toe ontvoer. Die Valke se woordvoerder in KwaZulu-Natal, Simphiwe Mhlongo, sê die verdagtes het ‘n losprys van een miljoen Suid-Afrikaanse rand by die seun se ma geëis. Die […]

Read More

Top Gun Maverick se première vandag by Cannes-filmfees

Daar heers groot opgewondenheid oor die tweede Top Gun-rolprent, Top Gun Maverick. Die eerste première ter wêreld vind vandag by die Cannes-filmfees in Frankryk plaas en daarna draai die rolprent wêreldwyd in teaters op 27 Mei. ‘n Ouer Tom Cruise is natuurlik weer die held in die aksiebelaaide rolprent. Hy het gesê die storielyn is […]

Read More

Stormers gaan dalk Gelant aan Franse klub verloor

Rugby: Die Stormers se hoof-afrigter, John Dobson, het aanvaar hy gaan die heelagter Warrick Gelant verloor. Hy het gesê Gelant is in gevorderde samesprekings met ‘n Franse klub, vermoedelik Racing Metro. Gelant het die Springbok-belyningskamp misgeloop om sy kontrak met Racing 92 te onderteken, waar hy sal aansluit by sy voormalige Bulle-spanmaat, Trevor Nyakane. Gelant […]

Read More

KLM en Belgium Air wil dalk ook na Namibië vlieg

Nadat vyf internasionale lugrederye onlangs hul vlugte na Namibië verhoog het, het die Gasvryheidsvereniging van Namibië aangedui dat nóg lugrederye soos KLM en Belgium Air hul belangstelling toon om na Namibië te vlieg. Dit sal verdere ondersteuning bied om ‘n toename in die aantal buitelandse aankomste in Namibië te sien. Kapasiteit van lugrederye op die Afrika-vasteland het geleidelik verbeter en het van […]

Read More

Blade: Tyd vir nuwe leierskap vir SAKP

Die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Blade Nzimande, sê dit is tyd vir nuwe leierskap in die organisasie. Die SAKP maak hom gereed vir sy nasionale konferensie in Julie waarna met groot verwagting uitgesien word. Die organisasie hou die naweek sy negende provinsiale verkiesingskonferensie in Durban. Nzimande sê hy is dankbaar om die party vir 24 jaar te kon […]

Read More

WGO gaan noodvergadering oor aappokke hou

Die Wêreldgesondheids-organisasie gaan ‘n noodvergadering hou nadat meer as 100 bevestigde gevalle van aappokke in Europa aangeteken is, terwyl gevalle ook in Amerika, Kanada en Australië bevestig is. Die eerste geval is op 7 Mei in Brittanje aangemeld. Wetenskaplikes soek ‘n verband tussen die infeksies in die Noordelike Halfrond. Die virus is oorspronklik in ape gevind, vandaar die naam. Dit is die eerste keer […]

Read More

Wimbledon kap terug om hom van ranglyspunte te stroop

Tennis: Die bestuur van Wimbledon het teruggekap na wat hy beskryf as oordrewe besluitneming deur die sport se hoof-toernooie. Die Grand Slam-toernooi is van sy ranglyspunte gestroop na die verbod op spelers van Rusland en Belarus in reaksie op die inval in die Oekraïne. Die All England-klub, wat Wimbledon bestuur, sê hy het die enigste werkbare besluit geneem gegewe die posisie van die Britse regering om […]

Read More

NHE-werkers kan vergeet van hul eis

Sam Shivute, die raadsvoorsitter van die Nasionale Behuisings-onderneming, bekend as NHE, sê die eis vir ‘n 60 persent eenmalige betaling aan werkers is onmoontlik, en hy sal dit nie ondersteun nie. Die werkers, van wie die meeste nou verteenwoordig word deur die Vakbond vir Staatsdienswerkers, het gesê hulle verstaan nie hoekom die NHE nie aan […]

Read More

SA se kredietgradering van stabiel na positief opgeskuif

Standard en Poor’s Global het Suid-Afrika se kredietgraderingstatus van stabiel na positief hersien. Volgens die graderings-agentskap het onlangse gunstige handelstoestande in die land sy buitelandse en fiskale groei verbeter. Sy gradering van die land se staatskuld is egter steeds onder beleggingsgraad, oftewel op rommelstatus. Die regering het die aankondiging verwelkom. Die Nasionale Tesourie sê in […]

Read More

Twee Franse sterf in sweeftuig-ongeluk in Duitsland

Die polisie in Duitsland sê twee Franse burgers is dood nadat hulle gemotoriseerde valskerm-sweeftuig hierdie week in ‘n storm vasgevang was. Die man en vrou het vermoedelik Donderdag vanaf ‘n vliegveld in Ballenstedt suidwes van Berlyn opgestyg. Owerhede sê die twee is aangemoedig om te land weens ‘n voorspelling van ‘n skielike verandering in die […]

Read More