Wimbledon kap terug om hom van ranglyspunte te stroop

Tennis: Die bestuur van Wimbledon het teruggekap na wat hy beskryf as oordrewe besluitneming deur die sport se hoof-toernooie. Die Grand Slam-toernooi is van sy ranglyspunte gestroop na die verbod op spelers van Rusland en Belarus in reaksie op die inval in die Oekraïne. Die All England-klub, wat Wimbledon bestuur, sê hy het die enigste werkbare besluit geneem gegewe die posisie van die Britse regering om Rusland se wêreldwye invloed te beperk. Hy voeg by hy staan by die verbod.