Blade: Tyd vir nuwe leierskap vir SAKP

Die hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, Blade Nzimande, sê dit is tyd vir nuwe leierskap in die organisasie. Die SAKP maak hom gereed vir sy nasionale konferensie in Julie waarna met groot verwagting uitgesien word. Die organisasie hou die naweek sy negende provinsiale verkiesingskonferensie in Durban. Nzimande sê hy is dankbaar om die party vir 24 jaar te kon lei, maar die besluit om weer terug te keer is nie syne nie.