Stormers gaan dalk Gelant aan Franse klub verloor

Rugby: Die Stormers se hoof-afrigter, John Dobson, het aanvaar hy gaan die heelagter Warrick Gelant verloor. Hy het gesê Gelant is in gevorderde samesprekings met ‘n Franse klub, vermoedelik Racing Metro. Gelant het die Springbok-belyningskamp misgeloop om sy kontrak met Racing 92 te onderteken, waar hy sal aansluit by sy voormalige Bulle-spanmaat, Trevor Nyakane. Gelant was merkwaardig sedert sy herstel van ‘n kniebesering en het bygedra tot die Stormers se posisie in die top-vier van die die Verenigde Rugbykampioenskap.