SA se kredietgradering van stabiel na positief opgeskuif

Standard en Poor’s Global het Suid-Afrika se kredietgraderingstatus van stabiel na positief hersien. Volgens die graderings-agentskap het onlangse gunstige handelstoestande in die land sy buitelandse en fiskale groei verbeter. Sy gradering van die land se staatskuld is egter steeds onder beleggingsgraad, oftewel op rommelstatus. Die regering het die aankondiging verwelkom. Die Nasionale Tesourie sê in ‘n verklaring hy gaan van die bykomende inkomste gebruik om skuld te verminder en werkskepping bevorder.