Twee Franse sterf in sweeftuig-ongeluk in Duitsland

Die polisie in Duitsland sê twee Franse burgers is dood nadat hulle gemotoriseerde valskerm-sweeftuig hierdie week in ‘n storm vasgevang was. Die man en vrou het vermoedelik Donderdag vanaf ‘n vliegveld in Ballenstedt suidwes van Berlyn opgestyg. Owerhede sê die twee is aangemoedig om te land weens ‘n voorspelling van ‘n skielike verandering in die weer. Die polisie het gesê dit lyk asof ‘n rukwind hulle getref het en veroorsaak het dat die sweeftuig in stukke gebreek en in ‘n veld neergestort het.