KLM en Belgium Air wil dalk ook na Namibië vlieg

Nadat vyf internasionale lugrederye onlangs hul vlugte na Namibië verhoog het, het die Gasvryheidsvereniging van Namibië aangedui dat nóg lugrederye soos KLM en Belgium Air hul belangstelling toon om na Namibië te vlieg. Dit sal verdere ondersteuning bied om ‘n toename in die aantal buitelandse aankomste in Namibië te sien. Kapasiteit van lugrederye op die Afrika-vasteland het geleidelik verbeter en het van 42,9 persent in Julie 2021 tot 67,3 persent in Maart 2022 toegeneem, volgens die Afrika Lugrederye-vereniging. Dit sal na verwagting toerismegroei vir die meeste Suider-Afrikaanse ekonomieë ’n hupstoot gee, wat weer toeriste-vloei na Namibië kan bevoordeel.