Top Gun Maverick se première vandag by Cannes-filmfees

Daar heers groot opgewondenheid oor die tweede Top Gun-rolprent, Top Gun Maverick. Die eerste première ter wêreld vind vandag by die Cannes-filmfees in Frankryk plaas en daarna draai die rolprent wêreldwyd in teaters op 27 Mei. ‘n Ouer Tom Cruise is natuurlik weer die held in die aksiebelaaide rolprent. Hy het gesê die storielyn is reeds in 1986 bespreek.