NHE-werkers kan vergeet van hul eis

Sam Shivute, die raadsvoorsitter van die Nasionale Behuisings-onderneming, bekend as NHE, sê die eis vir ‘n 60 persent eenmalige betaling aan werkers is onmoontlik, en hy sal dit nie ondersteun nie. Die werkers, van wie die meeste nou verteenwoordig word deur die Vakbond vir Staatsdienswerkers, het gesê hulle verstaan nie hoekom die NHE nie aan hul eis kan voldoen nie, aangesien die entiteit miljoene dollar aan regskoste bestee het om een werknemer te beveg. Shivute het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die finansiële status van die NHE sal nie salarisverhogings toelaat nie.