Olaf Scholz kuier vandag by Ramaphosa
President Cyril Ramaphosa sal vandag die Duitse kanselier, Olaf Scholz, by die Uniegebou in Pretoria verwelkom. Duitsland is Suid-Afrika se naas-grootste handelsvennoot, en in toerisme die land se derde grootste bron van besoekers uit die buiteland. Die presidensie sê Ramaphosa en Scholz sal oor ‘n hele aantal sake van bilaterale en internasionale belang gesels, onder […]
Iga Swiatek is steeds gunsteling vir Franse Ope
Die wêreld se nommer een, Iga Swiatek, het haar status as gunsteling om die Franse Ope te wen bevestig toe sy ‘n gemaklike oorwinning in die eerste ronde behaal het. Die 20-jarige speler het die Oekraïnse kwalifiseerder, Lesia Tsurenko, met 6-2 en 6-0 verslaan om haar segetog op 29 wedstryde te staan te bring. Haar […]
Boris was nie besig om partytjie te hou nie
Die Britse minister van vervoer Grant Shapps het tot eerste minister Boris Johnson se verdediging gekom na nog foto’s aan die lig gekom het van hom by ‘n byeenkoms van ten minste agt ander mense terwyl net twee binnenshuis toegelaat was. Johnson is nie deur die Metro-polisie beboet nie en volgens Shapps is dit ook […]
GIPF moet nog bietjie vir geld vanaf Steinhoff
Die Staatsinstellings Pensioenfonds sal ‘n bietjie langer moet wag voordat hy sy skikkingsuitbetaling van fondse wat by Steinhoff International belê is, ontvang. Die fonds het ongeveer 677,5 miljoen Namibiese dollar in Steinhoff belê. Die maatskappy het in 2017 ‘n ineenstorting van sy aandeelprys beleef het. Die fonds het reeds 326 miljoen Namibiese dollar verhaal maar, die res van die fondse sal eer volgende jaar oorbetaal […]
Uitspraak in staat se appèl teen Gustavo borg vandag verwag
Uitspraak word vanoggend verwag in die aanklaer-generaal Martha Imalwa se appèlsaak teen Ricardo Gustavo se borg. In haar stukke sê sy hoërhofregter Herman Oosthuizen het fouteer om borg aan die Fishrot-beskuldigde toe te staan omdat hy nie nuwe gronde vir borg gebring het nie. Hy het op dieselfde gronde, waarop borg geweier is, dié aansoek gebring. Oosthuizen het Gustavo op 15 Desember op 800 […]
Minister sê SA het amper heel van Covid-krisis herstel
Suid-Afrika het groot vordering gemaak onderweg na volkome ekonomiese herstel. Dit is volgens die minister van menslike nedersettings, Mmamoloko Kubayi. Sy lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum wat in Davos plaasvind. Kubayi sê die land het daaraan gewerk om beleggersvertroue ná die Covid-19-pandemie te herstel:
IMF waarsku oor voedselkrisis
Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Kristalina Georgieva, waarsku die wêreldekonomie kan ‘n voedselkrisis beleef as gevolg van die ongeëwenaarde onderbreking in voorsiening weens die oorlog in Oekraïne. Pryse van koring, mielies en plantaardige olies het wêreldwyd die hoogte in geskiet nadat Rusland Oekraïne binnegeval en die produksie en vervoer van noodsaaklike gewasse uit […]
Oorplaatjies moet eers bepaal word voor vervoerpermit uitgereik word
Die Namibiese landbouministerie sê voorafbepaalde oorplaatjies sal nou van toepassing wees op alle vervoerpermitte in die land. Die stelsel word ten volle geïmplementeer op 1 Junie vanjaar en dus sal alle plaatjie-nommers by die aansoek vir die vervoerpermit ingedien moet word. Volgens dr. Albertina Shilongo, die hoof van die Veeartsenydirektoraat sal dit verseker dat alle […]
Mike Schussler: ‘n Reus is verlore, sê Roodt
Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler is oorlede. Schussler, wat talle bydrae aan Kosmos 94.1 Nuus oor die jare gemaak het, was bekend vir sy insiggewende analises en voorspellings. Hy was die eienaar en stigter van economists.co.za, en het twee keer Suid-Afrika se ekonoom van die jaar-toekenning ontvang. Voorlopige berigte lui dat hy onlangs met […]
Tien dood, tientalle beseer toe gebou in Iran neerstort
Die eienaar van die tienverdieping- Metropol-kantoorgebou in die suidweste van Iran asook die boukontrakteur is in hegtenis geneem. Dit volg nadat tien mense dood en tientalle beseer is toe ‘n onvoltooide gebou ineengestort het. Vyf-en-dertig mense is uit die puin gered. Die meeste mense wat vasgekeer was, was besig om inkopies te doen op die […]