Minister sê SA het amper heel van Covid-krisis herstel

Suid-Afrika het groot vordering gemaak onderweg na volkome ekonomiese herstel. Dit is volgens die minister van menslike nedersettings, Mmamoloko Kubayi. Sy lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die Wêreld Ekonomiese Forum wat in Davos plaasvind. Kubayi sê die land het daaraan gewerk om beleggersvertroue ná die Covid-19-pandemie te herstel: