Mike Schussler: ‘n Reus is verlore, sê Roodt

Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom Mike Schussler is oorlede. Schussler, wat talle bydrae aan Kosmos 94.1 Nuus oor die jare gemaak het, was bekend vir sy insiggewende analises en voorspellings. Hy was die eienaar en stigter van economists.co.za, en het twee keer Suid-Afrika se ekonoom van die jaar-toekenning ontvang. Voorlopige berigte lui dat hy onlangs met kanker gediagnoseer is. Sy vriend en mede-ekonoom Dawie Roodt sê die verlies is groot.