GIPF moet nog bietjie vir geld vanaf Steinhoff

Die Staatsinstellings Pensioenfonds sal ‘n bietjie langer moet wag voordat hy sy skikkingsuitbetaling van fondse wat by Steinhoff International belê is, ontvang. Die fonds het ongeveer 677,5 miljoen Namibiese dollar in Steinhoff belê. Die maatskappy het in 2017 ‘n ineenstorting van sy aandeelprys beleef het. Die fonds het reeds 326 miljoen Namibiese dollar verhaal maar, die res van die fondse sal eer volgende jaar oorbetaal word – maar dit is nie duidelik of hy al die fondse sal terugkry nie. Meer as 43 000 eise is reeds ingedien met ‘n waarde van 53,5 miljard Namibiese dollar, baie meer as die 23,8 miljard Namibiese dollar wat Steinhoff opsy gesit het vir skikkings.