Iga Swiatek is steeds gunsteling vir Franse Ope

Die wêreld se nommer een, Iga Swiatek, het haar status as gunsteling om die Franse Ope te wen bevestig toe sy ‘n gemaklike oorwinning in die eerste ronde behaal het. Die 20-jarige speler het die Oekraïnse kwalifiseerder, Lesia Tsurenko, met 6-2 en 6-0 verslaan om haar segetog op 29 wedstryde te staan te bring. Haar wenpersentasie van 92,3 in eerste rondes by Grand Slams word slegs deur Serena Williams oortref. Swiatek, wat in die tweede ronde teen die Amerikaner Alison Riske te staan kom, sê sy is ten volle gefokus: