Boris was nie besig om partytjie te hou nie

Die Britse minister van vervoer Grant Shapps het tot eerste minister Boris Johnson se verdediging gekom na nog foto’s aan die lig gekom het van hom by ‘n byeenkoms van ten minste agt ander mense terwyl net twee binnenshuis toegelaat was. Johnson is nie deur die Metro-polisie beboet nie en volgens Shapps is dit ook korrek so omdat hy nie partytjie gehou het nie.