Uitspraak in staat se appèl teen Gustavo borg vandag verwag

Uitspraak word vanoggend verwag in die aanklaer-generaal Martha Imalwa se appèlsaak teen Ricardo Gustavo se borg. In haar stukke sê sy hoërhofregter Herman Oosthuizen het fouteer om borg aan die Fishrot-beskuldigde toe te staan omdat hy nie nuwe gronde vir borg gebring het nie. Hy het op dieselfde gronde, waarop borg geweier is, dié aansoek gebring. Oosthuizen het Gustavo op 15 Desember op 800 000 Namibiese dollar se borg vrygelaat. Imalwa hou voet by stuk dat Gustavo ‘n vlugrisiko is.