IMF waarsku oor voedselkrisis

Die hoof van die Internasionale Monetêre Fonds, Kristalina Georgieva, waarsku die wêreldekonomie kan ‘n voedselkrisis beleef as gevolg van die ongeëwenaarde onderbreking in voorsiening weens die oorlog in Oekraïne. Pryse van koring, mielies en plantaardige olies het wêreldwyd die hoogte in geskiet nadat Rusland Oekraïne binnegeval en die produksie en vervoer van noodsaaklike gewasse uit die streek onderbreek het. Georgieva sê ‘n wêreldwye resessie kan nie uitgeskakel word nie, sou toestande aansienlik vererger: