Olaf Scholz kuier vandag by Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa sal vandag die Duitse kanselier, Olaf Scholz, by die Uniegebou in Pretoria verwelkom. Duitsland is Suid-Afrika se naas-grootste handelsvennoot, en in toerisme die land se derde grootste bron van besoekers uit die buiteland. Die presidensie sê Ramaphosa en Scholz sal oor ‘n hele aantal sake van bilaterale en internasionale belang gesels, onder meer oor planne vir beter samewerking op gebiede soos energie en klimaatsverandering, handel en beleggings, die stryd teen Covid-19 en die vraag na entstowwe.