Tien dood, tientalle beseer toe gebou in Iran neerstort

Die eienaar van die tienverdieping- Metropol-kantoorgebou in die suidweste van Iran asook die boukontrakteur is in hegtenis geneem. Dit volg nadat tien mense dood en tientalle beseer is toe ‘n onvoltooide gebou ineengestort het. Vyf-en-dertig mense is uit die puin gered. Die meeste mense wat vasgekeer was, was besig om inkopies te doen op die grondvloer van ‘n deel wat klaar gebou was. Amptenare ondersoek die presiese oorsaak van die ineenstorting.