SA polisiebeamptes werk in vyandige werksomgewing
Die Suid-Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee op polisie sê ongunstige werksomstandighede het steeds ‘n negatiewe uitwerking op beamptes se dienslewering. Volgens die komitee het ‘n vyandige werksomgewing ‘n uitwerking op die psige en moraal van werknemers. ‘n Oorsig het verlede jaar aangedui meer steun is nodig vir die werknemers se gesondheids- en welstandprogram. Die komitee het ook […]
Stad Kaapstad kondig voortgesette vaardigheidsopleiding aan
Die Stad Kaapstad se Veiligheids- en Sekerheidsdirektoraat het byna 13 000 opleidings- en ontwikkelingsgeleenthede aangeteken as deel van sy werkplek-vaardigheids- en opleidingprogram. Die voorsitter van die stad se Veiligheids- en Sekerheids-portefeuljekomitee, Mzwakhe Nqavashe, sê hulle maak met die program seker personeellede het die gepaste kwalifikasies wanneer hulle gewerf word. Nqavashe voeg by hulle lei ook […]
Koning Elizabeth verskyn op die balkon
Koningin Elizabeth van Brittanje het aan die begin van haar platinum-jubileumvierings haar verskyning gemaak op die beroemde balkon van Buckingham-paleis. Die 96-jarige, wie se gesondheid agteruitgaan, is gesien saam met haar familielede, onder meer prins Charles en Camilla, prinses Anne en haar man, Timothy Laurence, en prins William, Catherine en hulle drie kinders. Die koningin […]
Iga Swiatek deur na eindronde van Franse Ope
Die wêreld se beste vroue-tennisspeler, Iga Swiatek van Pole, het haar plek in die eindstryd van die Franse Ope-toernooi op Roland Garros in Parys bespreek deur Rusland se Daria Kasatkina in skoon stelle met 6-2 en 6-1 te laat les opsê.
Buitelanders hou sitstaking by VN Vlugtelingsagenskap in Pretoria
‘n Groep buitelandse burgers hou ‘n sitstaking buite die kantoor van die Verenigde Nasies se Vlugtelingagentskap in Pretoria. Hulle is bekommerd oor hulle veiligheid en vra om na ‘n ander land geneem te word. Die groep is in 2019 by die Lindela-hervestigingsentrum geplaas, maar later by die VN-kantoor afgelaai. Laura Padoan van die agentskap sê […]
Streeks- en raadslede moet hulle weerhou van binnegevegte
Die Namibiese adjunkminister van stedelike en landelike Ontwikkeling, Natalia /Goagoses, het raadslede van streeks- en plaaslike owerhede aangesê om hulle van binne-gevegte en stryery te weerhou en op dienslewering te fokus “of by die Namibiese Weermag aan te sluit as jy wil veg”. Goagoses het dit gesê terwyl sy vandag met die raadslede in Swakopmund […]
Vermeende baba-ontvoerders bly in aanhouding
Die derde verdagte in die onlangse ontvoering van ‘n drie maande oue babaseuntjie op Tsumeb, het ook in die landdroshof op Tsumeb op ‘n klag van ontvoering verskyn. Die 23-jarige Albertina Jason by wie die baba naby Oshakati ongedeerd gevind is, het voor landdros Ndatoola Namushinga verskyn. Haar saak is tot 17 Augustus vir verdere […]
DA: LGBTIQ+-gemeenskap is van die kwesbaarste
Die DA in Gauteng sê die LGBTIQ+gemeenskap is onder die kwesbaarste lede van die samelewing en is steeds regoor die provinsie die slagoffers van verskeie misdade. Die party eis die provinsiale regering moet die Trotsvlag in hierdie Trotsmaand hys. Nico de Jager van die DA sê die party het tydens ‘n onlangse sitting van die […]
Taxi’s in SA wil ook tariewe verhoog
Nes die Namibiese Busse- en Taxi-vereniging, sê die Nasionale Taxi-alliansie in die buurland taxi-eienaars sal gedwing word om tariewe te verhoog weens die onlangse brandstof-prysstyging. Die woordvoerder, Theo Malele, sê brandstof-prysstyging plaas meer druk op hul lede en baie taxi-eienaars sukkel om die maandelikse paaiemente op hul voertuie te betaal. Malele het gevra dat taxiverenigings […]
Shifeta sê oor Karas-streek se potensiaal
Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag die sewende jaarvergadering van uitvoerende hoofde van staatsondernemings op Oranjemund in die Karas-streek amptelik geopen. Hy het gesê die Tsau //Khaeb Nasionale Park is een van die nuwe era beskermde gebiede waar biodiversiteit beskerm word, maar ook ‘n bydrae sal maak tot die plaaslike en nasionale ekonomie. Hy het […]