Iga Swiatek deur na eindronde van Franse Ope

Die wêreld se beste vroue-tennisspeler, Iga Swiatek van Pole, het haar plek in die eindstryd van die Franse Ope-toernooi op Roland Garros in Parys bespreek deur Rusland se Daria Kasatkina in skoon stelle met 6-2 en 6-1 te laat les opsê.