Taxi’s in SA wil ook tariewe verhoog

Nes die Namibiese Busse- en Taxi-vereniging, sê die Nasionale Taxi-alliansie in die buurland taxi-eienaars sal gedwing word om tariewe te verhoog weens die onlangse brandstof-prysstyging. Die woordvoerder, Theo Malele, sê brandstof-prysstyging plaas meer druk op hul lede en baie taxi-eienaars sukkel om die maandelikse paaiemente op hul voertuie te betaal. Malele het gevra dat taxiverenigings bewus moet wees van die uitwerking op pendelaars as hulle beplan om tariewe binne die volgende paar weke te verhoog.