Stad Kaapstad kondig voortgesette vaardigheidsopleiding aan

Die Stad Kaapstad se Veiligheids- en Sekerheidsdirektoraat het byna 13 000 opleidings- en ontwikkelingsgeleenthede aangeteken as deel van sy werkplek-vaardigheids- en opleidingprogram. Die voorsitter van die stad se Veiligheids- en Sekerheids-portefeuljekomitee, Mzwakhe Nqavashe, sê hulle maak met die program seker personeellede het die gepaste kwalifikasies wanneer hulle gewerf word. Nqavashe voeg by hulle lei ook personeellede op sodat hulle om verhogings aansoek kan doen wanneer geleenthede opduik.