Shifeta sê oor Karas-streek se potensiaal

Die Namibiese omgewingsminister Pohamba Shifeta het vandag die sewende jaarvergadering van uitvoerende hoofde van staatsondernemings op Oranjemund in die Karas-streek amptelik geopen. Hy het gesê die Tsau //Khaeb Nasionale Park is een van die nuwe era beskermde gebiede waar biodiversiteit beskerm word, maar ook ‘n bydrae sal maak tot die plaaslike en nasionale ekonomie. Hy het verwys na die groen waterstof-projek wat in dié park bedryf sal word en ‘n draaipunt in die geskiedenis van die streek sal bring indien dit realiseer.