Koning Elizabeth verskyn op die balkon 

Koningin Elizabeth van Brittanje het aan die begin van haar platinum-jubileumvierings haar verskyning gemaak op die beroemde balkon van Buckingham-paleis. Die 96-jarige, wie se gesondheid agteruitgaan, is gesien saam met haar familielede, onder meer prins Charles en Camilla, prinses Anne en haar man, Timothy Laurence, en prins William, Catherine en hulle drie kinders. Die koningin het met ‘n kierie geloop en vir die skare gewuif terwyl die koninklike gesin gekyk het hoe die Red Arrows met ‘n verbyvlug die syfer 70 in die lug bokant Londen gevorm het.