DA: LGBTIQ+-gemeenskap is van die kwesbaarste

Die DA in Gauteng sê die LGBTIQ+gemeenskap is onder die kwesbaarste lede van die samelewing en is steeds regoor die provinsie die slagoffers van verskeie misdade. Die party eis die provinsiale regering moet die Trotsvlag in hierdie Trotsmaand hys. Nico de Jager van die DA sê die party het tydens ‘n onlangse sitting van die Gautengse wetgewer daarop klem gelê lede van die LGBTIQ+gemeenskap word steeds vermoor en geteister.