SA polisiebeamptes werk in vyandige werksomgewing

Die Suid-Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee op polisie sê ongunstige werksomstandighede het steeds ‘n negatiewe uitwerking op beamptes se dienslewering. Volgens die komitee het ‘n vyandige werksomgewing ‘n uitwerking op die psige en moraal van werknemers. ‘n Oorsig het verlede jaar aangedui meer steun is nodig vir die werknemers se gesondheids- en welstandprogram. Die komitee het ook gemaan as die kwessies in die diens nie gou aandag kry nie, sal meer lede bedank, wat misdadigheid die hoogte sal laat inskiet.