Buitelanders hou sitstaking by VN Vlugtelingsagenskap in Pretoria

‘n Groep buitelandse burgers hou ‘n sitstaking buite die kantoor van die Verenigde Nasies se Vlugtelingagentskap in Pretoria. Hulle is bekommerd oor hulle veiligheid en vra om na ‘n ander land geneem te word. Die groep is in 2019 by die Lindela-hervestigingsentrum geplaas, maar later by die VN-kantoor afgelaai. Laura Padoan van die agentskap sê hulle hoop om basiese berading en materiaal aan die asielsoekers te verskaf terwyl hulle soek na ander plekke in en om Pretoria.