Dodetal styg in Indië na hangbrug meegee

Meer as honderd mense is dood toe ‘n hangbrug in Morbi in die staat Gujarat in die weste van Indië meegegee het. Die brug van 230 meter is ‘n toeriste-aantreklikheid wat in die 19de eeu gebou is. Dit is verlede week weer oopgestel nadat dit opgeknap is. Honderde mense het volgens berigte op die brug saamgedrom toe […]

Read More

Markram was Protea-held teen Indië

Aiden Markram was een van Suid-Afrika se helde in gister se T20-Wêreldbeker-oorwinning oor een die gunstelinge, Indië, in Perth, Australië. Die Protea-boulers het eers die Asiese span beperk tot 133 vir nege, met Lungi Ngidi wat vier paaltjies laat kantel het en Wayne Parnell drie. Markram en David Miller het Suid-Afrika toe met 50-talle na […]

Read More

Diesel styg met amper N$2 per liter

Soos verwag, het die prys van diesel skerp gestyg. Die Namibiese ministerie van myne en energie het vanoggend aangekondig dat diesel met 1 dollar 98 sent per liter styg wat die prys aan die kus tot 24 dollar 10 sent te staan bring. Petrol is onveranderd. Die ministerie sê daar is onderverhalings van 2 dollar […]

Read More

Meer as 5 000 verloor konstruksie-werk

Meer as 5 000 konstruksiewerkers is tydens Covid werkloos gelaat. Die skokkende syfer is deur die Namibiese Metaal- en Geallieerde Werkersvakbond se sekretaris-generaal Justina Jonas bekend gemaak. Volgens Jonas, het die regering nie daarin geslaag om volhoubare werkskepping moontlik te maak nie en veral konstruksie, houtskool en landbou is van die sektore wat deur die wispelturige toestande geraak word. Sy sê die […]

Read More

Ministerie reageer op verslag oor hout en geldwassery

Die Namibiese omgewingsministerie het gereageer op ‘n 2021-verslag deur Policinginsight dat onwettige handel in hout en geldwassery aangewys is as van Namibië se groot ekonomiese misdade. Asiatiese kartelle wat saam met plaaslike fasiliteerders werk, is aangewys as die kern rolspelers van onwettige houthandel in Namibië. Die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda sê die uitdagings word aangespreek en moratoriums is in plek.

Read More

Sassa sê daar is nie ‘n toelaag van R700 nie

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê daar bestaan nie iets soos ‘n 700 rand-toelaag nie. Dit volg nadat ‘n plasing op sosiale media die ronde gedoen het wat beweer ‘n aansoekvorm vir so ‘n toelae vir vanjaar is beskikbaar. Die pos bevat ‘n skakel waar mense kwansuis aanlyn aansoek kan doen. ʼn Woordvoerder van Sassa, Paseka Letsatsi, […]

Read More

Romeinse pad in Brittanje ontdek

Werkers in Brittanje het in ʼn veld afgekom op wat moontlik ‘n Romeinse pad kan wees en van 2 000 jaar gelede dateer. Argeoloë sê die geplaveide pad, wat in Worcestershire ontbloot is, kan moontlik die beste voorbeeld van die Romeinse Ryk van sy soort wees in die Verenigde Koninkryk. Daar word berig die enigste bestaande paaie […]

Read More

Jeremy Mansfield sterf

Die Suid-Afrikaanse radiolegende Jeremy Mansfield is vanoggend op die ouderdom van 59 oorlede aan Chroniese Limfositiese Leukemie. Hy is in 2009 eerste gediagnoseer en het in Januarie vanjaar aangekondig dat die kanker terug is. Hy was tot dan die gasheer van Hot 91.9 FM se oggendprogram, Mansfield in the Morning, met sy jarelange kollega Sam Cowen as sy mede-aanbieder. Hier is ‘n stukkie van sy oggendprogram, die […]

Read More

Dieseltekorte sorg vir skerp prysstygings

Internasionale nuusagentskappe berig dat dieseltekorte in die VSA besig is om uit te brei en verskaffers stel op die oomblik noodprotokolle in. Die prys styg reeds. Dieselvoorraad regoor daardie land is op die laagste seisoenale vlak ooit en sommige gebiede in die het reeds brandstof begin rantsoeneer. Intussen het Europa ook sy eie tekorte bevestig met ‘n uitgerekte staking in Frankryk by sy raffinaderye. Daar word verwag dat […]

Read More

E. coli op Durban se strande weer in die nuus

ActionSA in KwaZulu-Natal dreig met regstappe teen die eThekwini-munisipaliteit. Die party eis dat die vloei van riool na riviere in Durban gekeer word, wat gesondheidsprobleme vir inwoners en besoekers veroorsaak. Verskeie strande is gesluit nadat hoё vlakke van E. coli bespeur is. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Zwakele Mncwango, sê dit is teleurstellend dat die regering hof toe geneem moet word voordat hy […]

Read More