E. coli op Durban se strande weer in die nuus

ActionSA in KwaZulu-Natal dreig met regstappe teen die eThekwini-munisipaliteit. Die party eis dat die vloei van riool na riviere in Durban gekeer word, wat gesondheidsprobleme vir inwoners en besoekers veroorsaak. Verskeie strande is gesluit nadat hoё vlakke van E. coli bespeur is. ʼn Woordvoerder van ActionSA, Zwakele Mncwango, sê dit is teleurstellend dat die regering hof toe geneem moet word voordat hy sy mandaat ten opsigte van dienslewering nakom: