Sassa sê daar is nie ‘n toelaag van R700 nie

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê daar bestaan nie iets soos ‘n 700 rand-toelaag nie. Dit volg nadat ‘n plasing op sosiale media die ronde gedoen het wat beweer ‘n aansoekvorm vir so ‘n toelae vir vanjaar is beskikbaar. Die pos bevat ‘n skakel waar mense kwansuis aanlyn aansoek kan doen. ʼn Woordvoerder van Sassa, Paseka Letsatsi, het die publiek gewaarsku om die vals plasing te ignoreer en om nie op ongeverifieerde skakels te klik nie: