Diesel styg met amper N$2 per liter

Soos verwag, het die prys van diesel skerp gestyg. Die Namibiese ministerie van myne en energie het vanoggend aangekondig dat diesel met 1 dollar 98 sent per liter styg wat die prys aan die kus tot 24 dollar 10 sent te staan bring. Petrol is onveranderd. Die ministerie sê daar is onderverhalings van 2 dollar 60 sent per liter op diesel en ‘n oorverhaling van 13 sent per liter petrol. Cirrus-ekonoom Robert McGregor het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.