Ministerie reageer op verslag oor hout en geldwassery

Die Namibiese omgewingsministerie het gereageer op ‘n 2021-verslag deur Policinginsight dat onwettige handel in hout en geldwassery aangewys is as van Namibië se groot ekonomiese misdade. Asiatiese kartelle wat saam met plaaslike fasiliteerders werk, is aangewys as die kern rolspelers van onwettige houthandel in Namibië. Die woordvoerder van die omgewingsministerie Romeo Muyunda sê die uitdagings word aangespreek en moratoriums is in plek.