Dieseltekorte sorg vir skerp prysstygings

Internasionale nuusagentskappe berig dat dieseltekorte in die VSA besig is om uit te brei en verskaffers stel op die oomblik noodprotokolle in. Die prys styg reeds. Dieselvoorraad regoor daardie land is op die laagste seisoenale vlak ooit en sommige gebiede in die het reeds brandstof begin rantsoeneer. Intussen het Europa ook sy eie tekorte bevestig met ‘n uitgerekte staking in Frankryk by sy raffinaderye. Daar word verwag dat Namibiese verbruikers môre sal hoor oor die brandstofprys vir November maar in Suid-Afrika is dit reeds bekend. Woensdag styg diesel in die buurland met 1 Suid-Afrikaanse rand 43 sent ‘n liter, wat diesel in Gauteng tot ‘n rekord 25 rand 49 sent ‘n liter te staan bring. Daar is geen twyfel dat die styging in diesel inflasie en pryse verder sal opstoot as gevolg van vervoer.