Meer as 5 000 verloor konstruksie-werk

Meer as 5 000 konstruksiewerkers is tydens Covid werkloos gelaat. Die skokkende syfer is deur die Namibiese Metaal- en Geallieerde Werkersvakbond se sekretaris-generaal Justina Jonas bekend gemaak. Volgens Jonas, het die regering nie daarin geslaag om volhoubare werkskepping moontlik te maak nie en veral konstruksie, houtskool en landbou is van die sektore wat deur die wispelturige toestande geraak word. Sy sê die hoë werkloosheidsyfer in die land kan toegeskryf word aan die feit dat die formele sektor onderpresteer en werkloses kry nie toegang tot informele arbeidsmarkte nie.