Jeremy Mansfield sterf

Die Suid-Afrikaanse radiolegende Jeremy Mansfield is vanoggend op die ouderdom van 59 oorlede aan Chroniese Limfositiese Leukemie. Hy is in 2009 eerste gediagnoseer en het in Januarie vanjaar aangekondig dat die kanker terug is. Hy was tot dan die gasheer van Hot 91.9 FM se oggendprogram, Mansfield in the Morning, met sy jarelange kollega Sam Cowen as sy mede-aanbieder. Hier is ‘n stukkie van sy oggendprogram, die een op April-gekkedag…