Markram was Protea-held teen Indië

Aiden Markram was een van Suid-Afrika se helde in gister se T20-Wêreldbeker-oorwinning oor een die gunstelinge, Indië, in Perth, Australië. Die Protea-boulers het eers die Asiese span beperk tot 133 vir nege, met Lungi Ngidi wat vier paaltjies laat kantel het en Wayne Parnell drie. Markram en David Miller het Suid-Afrika toe met 50-talle na ‘n oorwinning gelei nadat drie kolwers terug was op die pawiljoen met net 24 lopies op die telbord. Miller was onoorwonne op 59 terwyl Markram 52 lopies bygedra het: