Meer as 200 straatkinders tot dusver vanjaar geïntegreer

Die Namibiese ministerie van maatskaplike welsyn het hierdie jaar alleen 214 kinders wat op straat woon en werk in verskillende skole regoor die land geïntegreer. Minister Doreen Sioka het gesê ‘n totaal van 214 straatkinders is tot dusver in 2022 by verskillende skole in die Khomas-, Hardap-, Omaheke- en Otjozondjupa-streke geïntegreer. Sy het bygevoeg dat hoewel die straatkinders hoofsaaklik seuns is, die aantal meisies op straat toeneem, met sommige kinders se ouderdomme wat wissel van tussen 12 en 16 jaar. Sioka sê die groeiende uitdaging onder straatkinders is die gebruik van middels, hoofsaaklik petrol-snuif, alkohol en dwelms. Sy sê hulle word aan maatskaplike, fisiese, seksuele en emosionele mishandeling onderwerp.