SA-soldaat sterf in Mosambiek, oorsaak onbekend

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die dood bevestig van ‘n 51-jarige stafsersant wat deel was van Operasie VIKELA, Suid-Afrika se bydrae tot die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sending in Mosambiek. Johan van Rooyen het gister by Mihluri-basis aangemeld en van ‘n kwaai hoofpyn en borspyne gekla voor hy na ‘n hospitaal in Pemba oorgeplaas is. Die woordvoerder van verdediging, Andries Mahapa, sê Van Rooyen is van Twee Veldingenieurs-regiment in Kroonstad, Vrystaat.