IPC-leier staan vas oor skorsing van Howard-Smith

Die leier van die Independent Patriots for Change, dr, Panduleni Itula, sê die party kon nie toelaat dat die voormalige voorsitter van die Erongo-streeksraad, Ciske Smith-Howard, voortgaan om in haar rol op te tree nie weens die beginsels daarvan. Itula het die opmerkings Saterdag tydens ‘n gemeenskapsvergadering op Groot Aub gemaak. Die saak wat deur die geskorste partylid ingedien is, duur voort in die hoërhof. Ten spyte daarvan dat Smith-Howard in Mei deur die party geskors is, bly haar saak, wat sy in Desember 2021 aanhangig gemaak het, op die hofrol. Dit is geskeduleer vir ‘n voorverhoor-konferensie op 8 Augustus. Smith-Howard wil hê die hof moet die party se besluit op 20 Oktober 2021 om haar te skors, nietig verklaar van enige en alle regsgevolge, en tersyde gestel word