Sertifikate van nasionale eksamens van 2021 op 19 Julie beskikbaar

Die uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het bevestig dat alle graad 11- en 12- leerlinge wat hul nasionale eksamens in 2021 geskryf het, kan hul sertifikate by die sentrums en skole waar hulle die vraestelle afgelê het, vanaf 19 Julie afhaal. Die ministerie maan ook leerders om nie hulle sertifikate te laat lamineer nie omdat daar verskeie sekuriteitskenmerke op die dokument aangebring is wat laminering negatief sal beïnvloed. Dit word ook as ‘n aanpassing op die dokument geag wat dit nie langer geldig maak nie. Steenkamp gesels met Kosmos 94.1 Nuus.