Goeie herstel vir lugvaart – regoor die wêreld

Die Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, het passasiersdata vir Mei 2022 aangekondig wat toon dat die herstel in lugreise versnel het tydens die besige Noordelike Halfrond se somerreisseisoen. Totale verkeer in Mei 2022 was 83,1 persent hoër vergeleke met Mei 2021. Wêreldwye lugverkeer is nou op 68,7 persent van voor die krisis-vlakke. Linden Birns van IATA sê alhoewel lugverkeer vir Afrika-lugrederye geweldig gestyg het, is dit ‘n klein persentasie van internasionale lugverkeer.