Welwitschias is op pad Frankryk toe vir die 2023 Wêreldbeker!July 11, 2022

Die Namibiese rugbyspan kwalifiseer vir die sewende keer vir die Wêreldbeker. Die Windhoek Draught Welwitschias het Sondagaand in Aix-en-Province in Frankryk vir Kenia in die Afrika-beker met 36-0 verslaan. Wian Conradie het drie drieë gedruk en Johan Deysel een, terwyl Cliven Loubser die skopwerk gedoen het. Namibië sal in die Wêreldbeker 2023 in Groep A inskakel met die gedugte gasheerspan Frankryk, die All Blacks, Italië en Uruguay.