SA polisie beskryf moordtoneel by taverne as ‘n bloedbad

Die Suid-Afrikaanse polisie beskryf die moordtoneel by die Mdlalose-taverne in die Nomzano informele nedersetting in Orlando-Oos in Soweto as ‘n bloedbad. Veertien mense tussen 19 en 35 jaar oud is dood en nege beseer toe onbekende aanvallers vroeër vanoggend na bewering op mense in die taverne geskiet het. ‘n Groep mans wat gewapen was met gewere en 9 millimeter-pistole, het die taverne binnegekom en op die mense begin skiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Sello, sê 23 mense is geskiet waarvan 12 op die toneel dood verklaar is, terwyl elf na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas is. Intussen is berig dat minstens vier mense dood en agt in ‘n kritieke toestand is ná nóg ‘n skietery in ‘n taverne in Pietermaritzburg.