Eienaar van Enyobeni-taverne aangekla

Die eienaar van die Enyobeni-taverne sal op 19 Augustus in die Oos-Londense landdroshof in die Oos-Kaap verskyn na die dood van 21 tieners in die kuierplek. Die 52-jarige eienaar is in hegtenis geneem saam met twee werknemers van onderskeidelik 33 en 34 jaar oud. Hulle word aangekla van oortreding van die Drankwet. ‘n Polisiewoordvoerder, Tembinkosi Kinana, sê die twee werknemers het die keuse om ‘n boete te betaal.