Cameron se klag teen Cele amptelik ontvang

Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het ‘n amptelike klagte ontvang van Action Society se hoof van Gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, na verlede week se onderonsie met die minister van Polisie, Bheki Cele, in Kaapstad. Cameron het ook klagtes van crimen injuria en gewone aanranding teen Cele gelê. Cameron beweer hy is hardhandig uit ‘n gemeenskapsvergadering in Gugulethu verwyder. Oorlewendes en families van slagoffers van geslagsgeweld het Action Society gemagtig om namens hulle op die vergadering te praat.