Grensposte van Onseepkans en Rietfontein heropen 

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het in ‘n mediaverklaring bevestig dat die grensposte van Onseepkans, Rietfontein en Sendelingsdrift tussen Suid-Afrika en Namibië heropen het. Die grensposte was sedert 2020 gesluit weens die Covid-pandemie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Etienne Maritz, sê Sendelingsdrift is egter nie gereed vir onmiddellike heropening nie weens die watervlakke van die Oranjerivier en die vlot wat gebruik word.